Wat Is Semantiek En Waar Kom Semantiek Vandaan?
Hoe is Semantiek gebôre?
Semantiek is gebôre in 2014 tydens tuiswerk saam met my kinders
In 1998 vind ek uit dat ek swanger is met my eerste kind. Die dag het ek besef dat ek 'n ouer en 'n ma gaan word en dat my baba afhanklik gaan wees van my. Ek het besluit geneem om my kinders eendag drie dinge in die lewe wil bied naamlik: geloof, liefde en wysheid. Ek het die kennis van geloof en liefde wat ek wil oordra aan my kinders maar het nie 'n idee gehad hoe om 'n baba wysheid te bied nie. Ek het gedurende my swangerskap besluit om te gaan studeer. Ek het 'n kurses voltooi om by kinders van die begin af reg te leer en hulle wysheid te bied. Die kurses het die volgende ingesluit: Child development, health, safety and nutritiom the physical environment and administration. Ek het baie kennis opgedoen met die kurses. Ek het die kurses voltooi in 2004. Ek was van dag een af 'n betrokke ouer by my kinders se skoolwerk. Ek het nog altyd ekstra inligting ingewin om my kinders te kan help waar dit nodig was. Ek het gevoel dit is my plig as ouer om elke dag deur my kinders se huiswerk boek te blaai. Ek kyk ook gedurig deur hulle skrifte en watse werk hulle vir die week behandel het.
Ek het vakansie tyd ekstra werkboekies aangeskaf om my kinders te stimuleer gedurende vakansie tyd. Ek het 'n liefde begin ontwikkel vir Afrikaans taal omrede ek soveel ekstra inligting ingewin het. In 2011 het ek begin om kinders te help met hulle huiswerk. Daar het 'n behoefte ontstaan om kinders te help met hulle huiswerk sowel as leerwerk. Ek het later 'n leersentrum van my huis af bestuur. Ek het gesien hoe die kinders vorder en dat hulle ook meer positief is oor hulle skoolwerk. Ek het besef dat daar 'n leemte ontstaan in wiskunde sowel as hulle huistaal vir Afrikaans.Ek het besluit om die leer sentrum te stop en verder navorsing te doen in Afrikaanstaal. Ek het 'n oplossing gesoek om kinders te help studeer en om hulle taal uit te brei op 'n lekker manier. Ek het al my navorsing geneem en besluit om die saamtevoeg in een bordspel. Ek het baie geskaaf aan die idee maar uiteindelik is 'n wenner gebôre wat vandag bekend is as "Semantiek".
Graad 4 tot Graad 12
Die kaarte bevat meeste van die inligting vanaf graad 4 tot met graad 12. Elke leerder moet die nodige kaarte uit die pak uit haal volgens hulle graad en behoeftes. Die res van die kaarte kan in die rugsak terug gepak word tot die volgende kaarte benodig word.
Semantiek bordspel word een keer aangekoop vir die hele gesin en kan aangepas word deur volgens die leerder se behoeftes.
Die kaarte kan ook dien vir nasorg en leer sonder die bordspel
Die taalkaarte en aanvullende kaarte kan gebruik word vir die nodige voorbereiding van toetse en eksamens. Die kaarte kan aangewend word sonder die bordspel
Hoekom dan Semantiek?
Leerders het uit ondervinding dit baie geniet en ons verander leer werk in pret spel. Die bordspel is idiaal vir die hele gesin.
Bestellings en Aflewering
Bestellings moet aanlyn geplaas word en aanlyn betaal word voor bestellings geplaas kan word. Geen voorraad word gehou nie. Aflewering word gestuur na die naaste Postnet in jou area.Aflewering kan plaasvind tussend 10 werksdae tot 21 werksdae.
