Die Semantiek Bordspel
Speel Is Leer!

Wat is Semantiek Bordspel?
Dit is 'n bordspel wat gebruik word as 'n leerinstrument om Afrikaans Taal te bevorder deur speel.Die bordspelletjie is gefokus op leerders van graad 4 tot graad 12. Die speletjie ontwikkel en bevorder luistervaardighede, leesvaardighede, geheue, taal en ander vaardighede. Die bordspel word gespeel in groepverband en ontwikkel sosiale vaardighede.
Die bordspel bestaan uit aanvullende kaartjies wat opgedeel is in verskeie afdelings naamlik Afrikaans Taal, Spelling en Dissipline. Deur die speletjie te speel, kan die leerder vinniger leer.
Word deel van ons Semantiek Sentrum en bou jou kind se selfvertroue in Afrikaans taal.
Word 'n entrepreneur. Hier is 'n geleentheid vir jou om jou eie besigheid te bestuur van die huisaf.
Word deel van Semantiek Kring (Sentrums) en maak 'n verskil aan elke leerder in jou sentrum in jou eie tyd.

