Aanvullende kaarte
Semantiek verwys na die betekenis van taal.
SEMANTIEKE KATEGORIEë
SemantiekAntonieme
Woorde wat die teenoorgestelde beteken. Ons kan ook sê die woorde is anders. Voorbeelde van Antonieme is: vinnig - stadig. Hy ry vinnig skooltoe.Hy beweeg stadig. Nog 'n voorbeeld is: mooi - lelikSemantiekHomofone
Woorde wat eenders klink, maar nie dieselfde beteken nie. Die spelling verskil. Voorbeelde van homofone is: dier / duur. Dier - Die hond is 'n getroue dier. Duur - Daardie motor is baie duur.SemantiekHomonieme
Woorde wat verskil in betekenis binne dieselfde sinsverband. Die spelling bly dieselfde. Voorbeelde van homonieme is: leer / leer. Ek leer my skoolwerk. Ek klim op die leer.SemantiekSinonieme
Woorde wat dieselfde betekenis het. Ons kan ook sê die woorde is dieselfde. Voorbeelde van Sinonieme is: mooi - pragtig. Sy is 'n pragtige meisie. Sy is 'n mooi meisie. Nog 'n voorbeeld is: bly - opgewonde











