Wie is ons?

Our website address is: www.semantiek.co.za

 

Bepalings en Voorwaardes

BEPALINGS EN VOORWAARDES

www.semantiek.co.za

E-pos : sonja@semantiek.co.za

 

BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID EN VRYWARING – BEPALINGS EN VOORWAARDES

  1. Jou toegang tot en gebruik van die Semantiek bordspel- kaarte inhoud is op jou eie risiko.
    Semantiek bordspel maak geen waarborge, voorstellings (uitdruklik of geïmpliseerd) met betrekking tot die Semantiek bordspel- kaarte inhoud nie. Sonder om afbreuk te doen aan die algemene aard van voorgenoemde, waarborg Semantiek bordspel nie die egtheid of korrektheid van enige inligting wat op die Semantiek bordspel- kaarte inhoud verskyn nie en dit is jou eie verantwoordelikheid om die egtheid of korrektheid daarvan na te gaan.
  2. Semantiek bordspel is nie aanspreeklik vir enige verlies, uitgawe of skade van welke aard ook al wat jy mag ly of aangaan as gevolg van jou toegang tot of gebruik van enige inligting vervat in hierdie Semantiek bordspel- kaarte inhoud nie, insluitend, sonder beperking, enige verlies, uitgawe of skade wat tot stand gekom het as gevolg van een van die volgende:
    foutiewe inligting vervat in die Semantiek bordspel- kaarte inhoud;
  3. ongemagtigde toegang of wysiging van die Semantiek bordspel- kaarte inhoud deur ‘n derde party;
  4. die onbeskikbaarheid van die Semantiek bordspel- kaarte inhoud;
  5. die vernietiging van jou data of rekenaartoerusting, of die data of rekenaartoerusting van ‘n derde party wat jy gebruik het om toegang tot die Semantiek bordspel- kaarte inhoud te verkry.

  6. Jy vrywaar Semantiek bordspel van enige aanmaning, eis of regshandeling wat teen Semantiek bordspel ingestel word wat direk of indirek voortvloei as gevolg van jou gebruik van, of toegang tot hierdie Semantiek bordspel- kaarte inhoud.

  7. Semantiek bordspel behou die reg voor om hierdie Semantiek bordspel- kaarte inhoud op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, by te werk of op te skort.

  8. Jy is self verantwoordelik vir enige inhoud wat jy aan Semantiek bordspel stuur, op die Semantiek bordspel- kaarte inhoud laai of deur middel van Semantiek bordspel aan derde partye stuur. Semantiek bordspel is nie verantwoordelik vir die verlies van enige inhoud wat jy op die Semantiek bordspel- kaarte inhoud laai of deur die Semantiek bordspel- kaarte inhoud stuur nie, en dit is jou eie verantwoordelikheid om self ‘n rugsteunkopie te maak.

  9. Die menings op die Semantiek bordspel-kletsboks, aanbieder en/of skrywer self. Semantiek bordspel is slegs ‘n passiewe kanaal vir die verspreiding van materiaal wat deur gebruikers op die Semantiek bordspel- kaarte inhoud geplaas is. Semantiek bordspel onderskryf nie enige inhoud op Semantiek bordspel.. Die inligting op Semantiek bordspel-kletsboks, Semantiek bordspel-webinare en Taalportaal word verskaf sonder enige waarborg.
  10. Die kopiereg op die bordspelletjie en bykomstighede – handeslmerk die unieke ontwerk van die borspelletjie behoort aan die eienaar.   Semantiek bordspel onderskryf nie enige inhoud op Semantiek bordspel nie. Die inligting op Semantiek bordspel word verskaf sonder enige waarborg.
  11. Sonder om afbreuk te doen aan die algemene strekking van die voorafgaande, stem jy toe, wanneer jy enige publikasie of ander bydrae op die Semantiek bordspel- kaarte inhoud of die Semantiek bordspel-kletsboks en ander inligting plaas, tot moontlike benadeling as gevolg van laster deur ander gebruikers van Semantiek bordspel wat op die Semantiek bordspel- kaarte inhoud gepubliseer word.
  12. Sonder om afbreuk te doen aan die voorafgaande, vrywaar jy Semantiek bordspel voorts van enige lastereis wat jy teen ‘n ander Semantiek bordspel-gebruiker mag instel of wat deur sulke ander gebruikers teen jou ingestel word.
  13. Semantiek bordspel sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, eise vir kompensasie, vergoeding, ensovoorts wat opgedoen word deur webwerwe wat besoek is vanaf skakels op Semantiek bordspel se webwerf nie. Sodra ʼn gebruiker via ʼn skakel op Semantiek bordspel na ʼn ander webwerf beweeg, is die gebruiker onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van daardie webwerf.
  14. Semantiek bordspel aanvaar dat alle minderjariges wat die webwerf besoek of die bordspel gebruik dit onder toesig van hulle ouers of voogde doen, of ten minste met die nodige toestemming van hulle ouers of voogde doen en sal daarom nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige aanstootlike, onwelvoeglike of gewelddadige kommentaar, inhoud, beeldmateriaal of klankmateriaal waaraan ʼn minderjarige blootgestel word nie.
  15. Semantiek bordspel aanvaar  geen verantwoordelikheid dat alle minderjariges die bordspelletjie speel nie. Die bordspel gebruik mag nie sonder toesig van hulle ouers of voogde doen, weens die klein ronde tokens wat saam met verpak is met die bordspel is.
  16. Semantiek bordspel doen redelike stappe om gebruikers te beskerm teen skade en kuberkrakers, maar kan nie verantwoordelik gehou word indien hulle wel skade ly as gevolg daarvan nie.
  17. Semantiek bordspel is ‘n bordspel om leerders te help om Afrikaans taal te bevorder.
  18. Semantiek bordspel sal nooit jou persoonlike gegewensaan derde partye beskikbaar stel of verkoop nie. 
  19. Ons doen alles in ons vermoë om alle inligting in Semantiek bordspel, aan u so korrek as moontlik bekend te maak.
  20. Ons gebruik van tyd tot tyd die inligting van Semantiek om die bordspel te verbeter.
  21. Alle navorsing sal altyd volkome anoniem geskied: jou naam en e-posadres sal nooit deel wees van die navorsing nie.
  22. As jy vir ons ‘n e-pos stuur met kommentaar of voorstelle, kan ons dit op die webwerf publiseer of implementeer. As ons byvoorbeeld jou kommentaar publiseer, sal ons slegs jou voornaam gebruik.
  23. Jy gebruik al Semantiek bordspel gesamentlik met die kaarte en aanvullende kaarte op eie risiko.
  24. Ons probeer om te sorg dat alle inligting op Semantiek korrek is. Ons kan egter nie waarborg dat alle inligting 100% korrek is nie.
  25. Jy kan dus nie Semantiek bordspel op enige manier verantwoordelik hou vir inligting wat jy hier gekry het nie.
  26. Ons waarborg nie dat die leerder se rapport punte sal verbeter nie, ons skep bloot inligting vir leerders wat hulle kan help met leer werk sowel vas huiswerk.
  27. Niemand mag ‘n skakel, insluitend hiperskakels, rame (“iFrames”), merkers of soortgelyke verwysing na enige deel van die Semantiek bordspel kaarte inhoud maak sonder om vooraf ons skriftelike toestemming te verkry nie. Semantiek bordspel mag die toestemming te enige tyd wysig of terugtrek.
  28. Alle aansoeke vir sodanige skakels kan gerig word aan  sonja@semantiek.co.za.Indien jy nie binne vyf werksdae ‘n antwoord van ons ontvang nie, kan jy aanvaar dat jou versoek van die hand gewys is.
  29. Die Semantiek bordspel kaarte inhoud bevat skakels na ander webblaaie met inligting en ander materiaal wat deur derde partye geskep is. Hoewel Semantiek bordspel die skakels met sorg uitkies, kan ons geen aanspreeklikheid aanvaar vir die inhoud van sulke webblaaie nie. ‘n Skakel op die Semantiek bordspel kaarte inhoud na ander inhoud beteken nie dat ons die inhoud van daardie webblaaie nagegaan het nie en dit beteken ook nie dat ons daardie inhoud goedkeur nie.
  30. Hierdie klousule bereël die publikasie van inligting en die lewering van kommentaar op sosialemediaplatforms van Semantiek bordspel en verwante maatskappye/onderafdelings deur werknemers, belanghebbendes, lede, intekenaars en die publiek. Vir die doel van hierdie beleid beteken “sosiale media” enige platform vir aanlyn publikasie en kommentaar, waaronder en sonder beperking ressorteer: blogs, wiki’s, webinare en sosiale netwerke soos Facebook, LinkedIn, Twitter, Instagram, Flickr en YouTube.
  31. Deelnemers en gebruikers moet ten alle tye voldoen aan goeie etiese standaarde. 
  32. Enigeen is welkom om kommentaar te lewer en deel te neem aan gesprekke en webinare, welke kommentaar en deelname egter vry moet wees van rassisme, seksisme, homofobie, onvanpaste persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal.
  33. Kommentators word gekoppel aan ʼn elektroniese profiel.
  34. Kommentators mag slegs een profiel op Semantiek bordspel bedryf.
  35. Kommentaar word outomaties en onveranderd op Semantiek bordspel geplaas soos wat dit gelewer word.
  36. Profiele mag werklike name of skuilname hê, maar moet vergesel wees van werklike skakelbesonderhede van die persoon wat die kommentaar lewer.
  37. Kommentaar moet geskied in ooreenstemming met die gees en waardestelsel van Semantiek bordspel.
  38. Die doelbewuste ontwrigting van gesprekke, onder meer deur irrelevante en/of uitlokkende stellings, trolling (http://en.wikipedia.org/wiki/Troll%28Internet29) of flaming (http://en.wikipedia.org/wiki/Flaming%28Inernet%29)) word nie toegelaat nie.
  39. Agtervolging en/of teistering van ander kommentators, stalking(http://en.wikipedia.org/wiki/Stalking) deur voortdurend op hul kommentaar te fokus en sinvolle reaksie op daardie kommentators in die weg te staan, word nie toegelaat nie.
  40. Herhaalde plasings van dieselfde inhoud in verskillende kommentaarstukke of die plasing van irrelevante inligting of skakels na irrelevante webadresse, word nie toegelaat nie.
  41. Rassistiese en seksistiese kommentaar, of kommentaar wat andersins aanstootlik of diskriminerend van aard is, sal nie toegelaat word nie.
  42. Ander gebruikers en kommentators sal nie persoonlik aangeval en/of verneder word nie.
  43. Kommentaar moet relevant wees.
  44. Kommentaar wat geweld aanwakker, haatspraak verteenwoordig, kru taalgebruik insluit, of lasterlik of godslasterlik van aard is, sal nie geduld word nie.
  45. Semantiek bordspel hou die reg voor om sonder verdere kennisgewing enige kommentaar wat nie voldoen aan die bepalings van hierdie beleid nie, eensydig te verwyder.
  46. Die kommentator hoef nie in kennis gestel te word indien sy kommentaar verwyder word nie, en redes vir die verwydering hoef nie deur Semantiek bordspel verskaf te word nie.
  47. Semantiek bordspel hou die reg voor om die kommentaarfunksie op die webwerf af te skakel, sonder voorafkennisgewing aan gebruikers.
  48. Indien enige persoon ‘n klagte/grief oor ʼn ander gebruiker se kommentaar indien, sal dit deur Semantiek bordspel ondersoek word.
  49. Kommentaar waaroor ʼn sekere aantal klagtes ontvang is, soos van tyd tot tyd deur die redaksie bepaal, word normaalweg verwyder.
  50. Kommentaar waaroor deeglik gemotiveerde klagtes ontvang word, selfs al sou geen ander kommentators kla nie, sal ook vir skrapping oorweeg word.
  51. Semantiek bordspel hou die reg voor om, sonder verdere kennisgewing, enige kommentators wat hulle herhaaldelik skuldig maak aan die oortreding van hierdie bepalings en voorwaardes, eensydig van enige verdere deelname aan enige van Semantiek bordspel se aktiwiteite uit te sluit. In so ʼn geval verbeur die oortreder enige krediete of subskripsiegelde wat reeds betaal is.
  52. Met die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes aanvaar gebruikers dat hul kommentaar gewysig of verwyder mag word indien dit nie aan hierdie bepalings voldoen nie.
  53. 55. Bestellings en Aflewerings slegs in Suid-Afrika.
  54. 56.Betalings samewerking met payfast.co.za
  55. 57.Aflewerings vanaf dag van betaling en betaling wys in ons rekening is kan dit tussen 14 dae tot 21 dae naam om te stuur vanaf Postnet-Postneg.
  56. 58.Die kopiereg van semantiek.co.za behoort aan die eienaar Sonja Nel. Moet dus asseblief nie die inligting probeer steel nie; kontak gerus vir Sonja Nel per e-pos sonja@semantiek.co.za   as jy enige van die inligting elders wil gebruik. Aansoek op “Trademark” word ingedien en alle regte voorbehou. Semantiek bordspel – hadelsmerk die unieke ontwerp van die bordspeletjie en bykomstighede, asook enige ander regte behoort aan die eienaar. Verspreiding: Sonja Nel Webwerf: semantiek.co.za E-pos  sonja@semantiek.co.za; Aflewering: Samewerking met Postnet

© 2020 Copy rights reserved / Alle regte voorbehou